Articles
Headline News
12 May 2017

Brits – ‘n Boer (57) van Assen naby Brits is Dinsdagaand, 9 Mei 2017, deur die bors geskiet toe vier gewapende rowers hom en sy vrou op hul plaas oorval het.

Berdine (51) en Dries Minnie is omstreeks 20h40 oorval naby Koedoeskop. “Dries is een van Jaco du Toit se werkers. Hy woon naby Assen op die R511 pad wat tussen Brits en Thabazimbi geleë is,” aldus Henk Havenga van Thabazimbi Krisis Beheer.

“Minnie is van agter af geskiet met ‘n 9mm pistool en die koeël het onderkant sy hempsak voor uitgekom. Die uitgangswond is voor onder sy hempsak."

Minnie se wapens is gesteel tydens die voorval.

Teen druktyd was Dries Minnie in die intensiewe eenheid van ‘n Johannesburgse hospitaal.

Die Assen polisie het glo drie van die verdagtes in bosse tussen Assen en Jericho opgespoor en gemeenskapslede se hulp is ingeroep om hulle aan te keer. Teen druktyd was daar nog nie meer besonderhede oor die soektog nie.

Share this article with a friend...