Articles
Social & Community News
19 May 2017

Rustenburg – Op Saterdag, 20 Mei 2017, bied die Boeremusiekgilde Rustenburg -tak ‘n musiekfees te Groot Marico aan.

Die makietie skop alreeds af om 10h00 af by Makiti; op die plaas van Piet en Ella le Roux, en beloof om  ‘n skouspel vir die boeke te wees. Orkeste en musikante van heinde en verre kom verskaf die vermaak vir oud en jonk van vroeg tot middernag.

Bring eie eet en drink goed, of ondersteun gerug die kosstalletjies en kontantkroeg. Die braaivure gaan hoog brand die aand en oornag geriewe is ook beskikbaar. Bring die hele gesin en kom kuier en dans saam. Dit gaan voorwaar ‘n groot makietie wees!

Bespreek vroegtydig by Ella le Roux (082-440 7241) om teleurstelling te voorkom. Enige ander vrae, kontak Nico Pietersen by 082-816 9378.

Toegang beloop R30 vir lede, R50 vir nie-lede en R15 per student of hoërskool leerder. Kom maak ‘n draai in ons eie mampoerwêreld en kom geniet ‘n heerlike tyd!

Share this article with a friend...