Articles
Sport & School News
20 January 2017

Rustenburg – Die Hoërskool Rustenburg het op sosiale media uitgereik na ons gemeenskap op 12 Januarie 2017, om ‘n aandeel te maak in die verbetering van ‘n ander se nood. 

Tydens die Global Leadership Summit van 2016 vertel ‘n spreker dat elke ouerpaar die beste kwaliteit lewe vir hul kind/kinders in gedagte het. Sy vertel verder dat die verskil inkom by die ouer/s se vermoë om daardie “beste kwaliteit lewe” te voorsien en te fasiliteer. 

Sou dit in u vermoë en hart wees om in die lewe van ‘n kind te belê, wil ons u aanmoedig om by die voedingsprojek betrokke te raak. Daar is ongeveer 40 leerders wie se basiese behoeftes, sonder hulp, onbevredig bly. 

Vir meer besonderhede en/vrae, kontak gerus me. Petro Grobler by petro@hsrtb.co.za.

Share this article with a friend...