Articles
Sport & School News
18 June 2021

Sharks vs Bulls
Laas Saterdag het die Bulle die Sharks oortuigend geklop in Durban met 34-22. Die Haaie is behoorlik gegaffel in die vaste skrums. 


Cornal Hendricks, wat ‘n ster! Dié voormalige Blitsbok en Springbok wat nou in die nommer-12 jersey uitdraf vir die Bulle, is met sy puik spel welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Hendricks het ook vir Curwin Bosch hakskene gewys om ‘n puik drie te loop druk. Hoe Rassie en kie nie vir Hendricks plek gehad het in die Bok-groep nie, sal net die kopdok van Brakpan kan verklaar ou grote.


Marcell Coetzee kon nie op ‘n beter tyd deur Jake White na Pretoria ontbied word nie. Dié yster het die kapteinskap by die beseerde Duane Vermeulen oorgeneem en sy spel op agsteman is uitstaande! Coetzee kan na net drie games die PRO14 titel as kaptein op sy CV plaas. 


En o ja, Coetzee is ook nie in die Bokgroep ingesluit nie. Marco van Staden, Trevor Nyakane en Morné Steyn is nie ingesluit in die Bulle se span nie weens Springbok Protokol.

Die Bulle reis Treviso toe om Saterdag teen Benetton uit te draf om te bepaal wie die 2021 Guinness Pro14 Rainbow Cup kampioen span sal wees. Die Benetton span wemel van SA spelers. Dewaldt Duvenage is die kaptein en spelers soos Andries Coetzee, Corniel Els, Eli Snyman, en Braam Steyn is ook in die Benetton se 23 tal.

Go Bulle!
So terloops... Die game tussen die Stormers en die Lions kon nie plaasvind nie as gevolg van Covid-19 implikasies.

Currie Beker 2021

Die bestaande Curriebeker skop ook af op Vrydag 18 Junie. Die Bulle sal maar swaar leuen op die groentjies wat gekies gaan word, want die A-span speel mos in Italië in die PRO14 Finaal.


BEPALINGS

  • Vrydag 18 Junie

Pumas 19:00 Lions

  • Saterdag 19 Junie

Griekwas 13:30 Sharks
Bulls 16:00 WP


Nag ou grote...
Was die hande en drink meer versigtig met die masker-ding!

Super Rugby Trans Tasman

UITSLAE

  • Waratahs 7 - 41 Chiefs
  • Blues 31 - 21 Western Force
  • Rebels 26 - 52 Crusaders
  • Brumbies 12 - 33 Highlanders

Die Blues en die Highlanders gaan dan om die Super titel meeding in Auckland op Eden Park om 09:05 Saterdag 19 Junie. Dit is maar raar om nié die Crusaders in ‘n finaal te sien nie, maar hulle het ondanks hulle reuse oorwinning oor die Rebels nie genoeg punte aangeteken om in die finaal te speel nie. 


Dis verstommend dat drie Kiwi spanne op 23 punte geëindig het. Die Kiwi spanne het 23 uit 25 games teen die Aussies gewen. Die Kiwi’s is net in ‘n ander klas as die Aussies. Kry die biltong en droëwors reg maats! Met die tipe ruggas wat die Nieu-Seelanders tans speel, kan dit net ‘n lus wees om te aanskou.

 

Share this article with a friend...