Articles
Social & Community News
07 September 2021

SA – Solidariteit Helpende Hand is tans besig met ‘n landwye opname onder Afrikaanse gemeenskappe om vas te stel wat hul behoeftes is, ten einde sterk, selfversorgende gemeenskappe te bou. Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, verduidelik dat een van die eerste stappe in gemeenskapswerk is om gemeenskapsnavorsing te doen om die behoeftes, beskikbare hulpbronne, sterkpunte en uitdagings in ‘n gemeenskap te bepaal. 
“Ons is reeds vir ‘n geruime tyd in ons verskillende streke besig om gemeenskapsnavorsing – oor die stand van ons mense en die daarstel van volhoubare strukturele oplossings – te doen. Die doel van dié navorsing is om die gemeenskapsprofiel, sterkpunte, beskikbare hulpbronne, uitdagings, en die behoefte aan opleiding, inligting en ondersteuning te bepaal,” sê Noëth. 
Vir elke vorm wat op dié dag voltooi word, sal R10 aan die Helpende Hand Studietrust (HHST) geskenk word, wat behoeftige studente die geleentheid bied om verder te gaan studeer. “Hierdie gemeenskapsvraelys help ons geweldig om ‘n verskil te maak waar dit regtig saak maak. Om net kos uit te deel, verlig dalk die onmiddellike, daaglikse nood, maar is nie volhoubaar vir die toekoms nie. Ons moet dus saamwerk om gemeenskapskrag te ontsluit,” sê Noëth. Die navorsing sal beskikbaar gestel word aan instansies wat ‘n sosiale verantwoordelikheid teenoor sy gemeenskap dra, om hulle in staat te stel om hul eie aksies te evalueer en aan te pas om hul gemeenskappe te ontwikkel. Besoek www.onsgemeenskap.co.za vir meer inligting en om die vraelys in te vul.
Solidariteit Helpende Hand persverklaring uittreksels, 25 Augustus 2021.

Helpende Hand se uitvoerende direkteur Hannes Noëth.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...