Articles
Social & Community News
07 September 2021

Rustenburg – Ondersteuning van die gemeenskap het die afgelope paar maande ingestroom om die Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys (BGO) te help.
Die skool wil graag van die geleentheid gebruik maak om hul dank uit te spreek teenoor almal wat kos, dienste en tyd geskenk het.
Nicola Marits van Kukama Game Rangers het leerders kom bederf met heerlike pap en wors. Mnr en Mej Rustie finaliste Ise-Marie Erasmus en Hanco Stone van Hoërskool Rustenburg het met groot geesdrif die leerders se dag kom opkikker. Elke leerder het ‘n gesonde glasie lemoensap gekry om hul liggame sterk te hou teen die nare virus. Daarna het die Rusties ingespring en leerders gehelp met hul takies vir die dag. Karre was, terrein opruim, tuin natlei en omsien na ons eie groentetuin was nog nooit so lekker nie! Hulle het ook moue opgerol en die skool se badkamers ‘n blink nuwe voorkoms gegee deur te help met teelwerk.
Brian en Charlene Swanepoel van Phillips Industries en Pixel Printing het weer nuwe lewe in die skool se klimraam ingeblaas en het die skoolbus weer opgehelder.
Liné Nortjé, ‘n graad 2 leerder van die RCA, het  sakke vol plastiese bottelproppies ingesamel vir die skool se rolstoelprojek.
Die skool is werklik geseënd met soveel ondersteuning van die gemeenskap!

Die skoolbus is opgekikker met nuwe plakkers deur Phillips Industries en Pixel Printing.
Die Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys se jongspan geniet die smaaklike pap en wors.
Liné Nortjé het sakke vol plastiese bottelproppies ingesamel.
Die skool se onnies het ook kom uithelp met daaglikse take.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...