Articles
Sport & School News
13 September 2021

Australië 21 - 38 Nieu-Seeland
Die All Blacks klop die Wallabies in Perth en behou die Bledisloe Beker. Die Silwer Varings het nie ‘n gelyke op die planeet rugby nie! Met verskeie sleutel spelers verniel hulle die Aussies behoorlik. 


Vir die All Blacks het Akira Ioane op sewe flank geskitter. Hierdie yster is ‘n masjien, hardloop soos ‘n senter, versprei ‘n bal soos ‘n losskakel en verdediging soos ‘n monster. 


Agterlangs het Beauden Barrett op losskakel puik spel opgelewer maar het ongelukkig ‘n swak dag met sy skopskoen gehad. Broer Jordie Barrett het ‘n baie omstrede rooikaart kaart ontvang in die eerste helfte, en vir twintig minute het die Kiwi’s net met veertien spelers moes klaarkom.

Die rustyd telling was 18-0 in die Kiwi’s se guns. Die nuwe rooikaart reël is dat ‘n speler vir twintig minute in die strafkas moet deurbring... Maar dit gaan nie veel help as daar nog net twintig minute oor is in die game nie... so die rooikaart gaan maar altyd ‘n kopskuif wees. Vir die Aussies het cappie Michael Hooper weer ‘n reuse game gehad. Die nuweling skrummie, Tate McDermott het ook weer geblink en is die angel in die Aussies se agterlyn. Die mannetjie is giftig ou groene.


Die All Blacks kom eerskomende Sondag om 09:05 teen die Pumas te staan in Perth.
Die Bokke pak die Aussies net daarna om 12:05. Dit gaan ‘n sterk span poging van die Bokke verwag word om die Aussie in hulle agterplaas te klop.

So daar is heerlike ruggas om na uit te sien die naweek. Wees veilig, bly tuis en geniet die braai en kuier!

Nag ou groene...

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...