Articles
Social & Community News
27 January 2017

Rustenburg – Ongeveer een jaar terug het ons, so ongeveer 6 weduwees, ‘n groepie gestig en aktiwiteite saam begin doen soos fliek en uiteet.  

So mettertyd het ons meer mense bygekry en ons ouderdomme wissel tussen 33 tot vroeg sestigs. Baie enkellopende persone wil nie alleen gaan fliek, uiteet of na vertonings toe gaan nie. Wat ons dan doen is om op die WhatsApp groep te vra wie  almal wil vergesel na sus en so.

Elkeen dra natuurlik sy eie koste. Ons het besluit om ons groepie nog verder uit te brei en nooi graag Afrikaanse enkellopende mans en dames uit om by ons aan te sluit. Hierdie is natuurlik nie ‘n “dating” groepie nie.  

Ons beplan ‘n bring en braai waar almal mekaar kan ontmoet. Kontak gerus vir Marie 083-545 1503 of Charmaine by 083-469 5505. 

Share this article with a friend...