Articles
Sport & School News
18 October 2021

Ospreys vs Sharks
In Swansea behaal die Sharks welverdiend hul eerste oorwinning en klop die Ospreys 27-13 ou grote. Met Thomas du Toit as die nuwe cappie en baie goeie kombinasies van coach Sean Everitt, het die Durbaniete goeie ruggas gespeel.


Die dag het egter aan die Sharks se nuwe jong no. 10, Boeta Chamberlain, behoort. Die mannetjie het wrintiewaar kookwaterspel opgedis. Boeta behaal nie net drie skitterskepdoele nie, maar lewer puik spel met sy balverspreiding en algemene  spel. 


Cappie Marcell Coetzee het ook gekook en wen deurslaggewende balbesit. Jeremy Ward het soos ‘n tier verdedig en het ‘n paar Ospreys lelik raakgery.

Edinburgh vs Stormers
‘n Dag van verbroude kanse deur albei spanne in ‘n baie opwindende game eindig gelykop met 20 punte elk.


Die tuisspan het soos ‘n orkaan die Stormers in die eerste 14 minute getref en met 14-0 voorgeloop. Die Kapenaars het stelselmatig teruggeveg en die rustyd telling was 20 elk... En dis waar die punte eindig. 


Die tweede helfte was meedoënloos deur beide spanne maar verdediging het koning gekraai. Vir Edinburgh was die gewese SA spelers, Jaco van der Walt, ‘n doring in die vlees van die Kapenaars. Vir die Stormers het Evan Roos op agsteman gekook en die mannetjie moet verseker baie naby aan die Bokspan wees! 

Glasgow vs Lions
Die Lions is Glasgow deur die Italiaanse kaartmannetjie ref,  Gianluca Gnecchi, van ‘n oorwinning beroof. Die drie wat hy toegeken het was duidelik kort gedruk maar Gnecchi het dit tot die verdriet en verbasing van die Leeus toegeken. En hoekom hy nie die TV ref geraadpleeg het nie, is onaanvaarbaar.


Glasgow wen 13-9 met die geluk aan hulle kant.
Jaco Kriel het baie goed vir die Leeus gespeel. Agterlangs moes die EW Viljoen op losskakel diens gedoen het en met die besering spook op no. 10 in die Leeukamp. Fred Zeilinga is nader geroep om te help op losskakel. 


Cardiff Blues vs Bulls
Op Arms Park behaal die Bulls hul eerste oorwinning in die URC. Die rustyd telling was 16-3 in die guns van Cardiff. Baie ondersteuners het dalk die televisie na ‘n ander kanaal verander of maar in die kooi gaan klim.


Maar wat Jake White die Bulle belowe het, sal ons seker nooit weet nie ou grote... want die Bulle het behoorlik opgedaag in die tweede helfte en speel die tuisspan van hulle voete af om met 29-19 as waardige oorwinnaars van die veld te stap.


Maklik was dit nie. Johan Goosen is met ‘n ernstige kniebesering van die veld. Maar meneer betroubaar, Chris Smith, het gewys hy kan... maar toe hy as plaasvervanger opgestuur word behaal hy 19 punte, vyf strafdoele en twee doelskoppe. Pragtig man! 


Elrigh Louw en Marcell Coetzee het voorlangs die pap dik aangemaak. Veral Coetzee het op kritieke tye omgekeerde besit bewerkstellig. Madosh Tambwe het ook gewys dat daar geen antwoord vir spoed is nie, en het na hy ‘n losbal deurgeskop het, soos ‘n Bolt laat waai om die bal toe te val vir ‘n skitterdrie.


Met die besering aan Goosen sal oom Morné Steyn homself weer by die Bulle aanmeld.

ANDER UITSLAE:

  • Ulster 28 - 8 Benetton
  • Leinster 43 - 7 Zebre
  • Connacht 22 - 38 Dragons
  • Scarlets 13 - 43 Munster

BEPALINGS VIR RONDTE VIER:
Vrydag 15 Oktober

  • 20:35 - Dragons vs Stormers
  • 20:35 - Ulster vs Lions

Saterdag 16 Oktober

  • 14:00 - Zebre vs Glasgow Warriors
  • 16:00 - Benetton vs Ospreys
  • 18:15 - Edinburgh vs Bulls
  • 18:15 - Leinster vs Scarlets
  • 20:35 - Cardiff Blues vs Sharks
  • 20:25 - Munster vs Connacht

Nag ou grote...

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...