Articles
Sport & School News
18 October 2021

Rustenburg – Baie geluk aan die Hoërskool Rustenburg netbalspelers wat gedurende die vakansie aan die SA Telkom Toernooi van Saterdag 2 Oktober tot 7 Oktober deelgeneem het; ook aan die wat aan die SA All Ages van 3 tot 6 Oktober deelgeneem het! 


Hulle het uitsonderlik presteer. Die volgende vier dogters is onder die top-35 speelsters by die kampioenskappe identifiseer:

  • Sonika de Bruin
  • Danel Gouws
  • Landrie Janse van Rensburg
  • J-Dene Krugel


Die NW-Impalaspan, waarin Sonika de Bruin en Danel Gouws gespeel het, het SA’s gewen.

Van links: Landrie Janse van Rensburg, Danel Gouws, Sonika de Bruin en J-Dene Krugel.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...