Articles
Social & Community News
18 October 2021

Rustenburg – Manna Boermark het ‘n maandelikse instelling geword in die Rustenburg gemeenskap.

Dis ‘n pretdag vir families met hope om die jongspan mee besig te hou en ‘n verskeidenheid stalletjies en vermaak om van te kies en te keur.


Die tema vir die mark op Saterdag 6 November is Family Fun and Sun en Tanya V sal optree tydens die geleentheid. Feesgangers kan ook uitsien na boeresport, perdritte, speletjies, heerlike kos en waterkaskenades – die perfekte atmosfeer vir ‘n Saterdag uitstappie!

Die feesterrein is op plot 238 op die Dinie Estates pad, ongeveer 6km buite Rustenburg. Ingangsfooie beloop R10 per persoon.
Vir meer inligting kontak die organiseerder El-bé Turner op  078 731 4276.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...