Articles
Headline News
23 June 2017

Hartebeespoortdam – Oor die jare heen is etlike honderde miljoene rande bestee om die Hartebeespoortdam skoon te maak en te ontsmet van dodelike bakterieë en e-coli uit rioolvuil – maar dit blyk of die regering die bron van die probleem grootliks ignoreer.

Op sosiale media spreek ‘n groot groep mense hul kommer hieroor uit. Die foto’s lyk amper of iemand jou ‘n vals foto wys.

In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant die week, vertel Karen Webb, ‘n inwoner van Harties, dat die dorp se hart seer is. “Ek bly al langer as 10 jaar in Harties en is gewoond om gereeld ons dorp se naam op televisie te hoor. Ons is ‘n mooi dorp en bied menige toerisme aantreklikhede aan – selfs op plaaslike sepies spog die manne as hulle by Harties gaan inklop het!”

Sy voeg by, “Die hiasinte is nog altyd ‘n uitdaging – vandat ek kan onthou. Die plaag moes al ‘n paar kere onder beheer gebring word. Ons almal sit met ons hande in ons hare – wat gaan die stadsraad hierdie keer doen? Dis nie meer ‘n dam nie – dit lyk soos ‘n landery!”

Caption

Share this article with a friend...