Articles
Sport & School News
02 November 2021

Rustenburg – Alhoewel akademie die Hoërskool Rustenburg se hoof fokus is, is daar tog leerders wat dit regkry om hulself op verskeie gebiede te onderskei.
Die Heide Birgit Küster-trofee word toegeken aan die veelsydigste leerder in graad 12. Hierdie leerder moet aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite regoor die skoolspektrum deelneem en word beoordeel op kultuur, sport, leierskap, en akademiese prestasies. Die leerder se deelname word volgens ‘n puntestelsel bereken.
Die Heide Birgit Küster-trofee vir die veelsydigste leerder in graad 12 word vanjaar toegeken aan Hano van der Walt.
Hy presteer as volg:
Sport

  • Interhuis deelname.

Kultuur

  • Koor
  • Redenaars – deelname aan ATKV semi-finaal
  • Toneel – deelname aan ATKV semi-finaal, verwerf ‘n goue toekenning
  • Agter die groen gordyn

Leierskap    

  • Rustieraad Kultuurvoorsitter
  • ATKV-tak voorsitter
  • Koorkomitee

Akademie

  • Akademiese gemiddeld van 81,7%

Dux-toekening en Luctor Et Emergo
Die Dux-toekening en Luctor Et Emergo is vir die toppresteerder in graad 12. Vanjaar word dit toegeken aan Melissa Janse van Rensburg met ‘n gemiddeld van 90,9%. Hierdie prestasie neem verseker baie harde werk en toewyding.

Hano van der Walt het die Heide Birgit Küster-trofee ontvang.
Dux-toekening en Luctor Et Emergo is aan Melissa Janse van Rensburg toegeken.

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...