Articles
Sport & School News
08 November 2021

Wallis vs Nieu-Seeland
Die All Blacks het met topklas rugby die Rooi Drake behoorlik opgedons ou grote – en druk in die proses sewe drieë teenoor die een van Wallis. 


Beauden Barrett het in sy honderdste toets vir die Kiwi’s uitgedraf en druk ook twee skitterdrieë. 
Die rustydtelling was 18-6 in die Kiwi’s se guns maar in die tweede helfte was daar net een span op die veld. Wallis wat die Ses Nasie Kampioen is, was net nie opgewasse genoeg teen die Kiwi’s nie. 
Ter versagting vir die Drake, was ‘n paar gereelde spelers nie beskikbaar nie. Hulle sal wel opdraf vir die toets teen die Springbokke.


Alun Wyn Jones het sy 149ste toets vir Wallis gespeel en oortref dan die All Black Richie McCaw se rekord van 148 toetse.


Skotland vs Tonga
Op Murrayfield dons die Skotte die Tongane op en wen 60-14. Vir Skotland het drie gewese Suid-Afrikaners punte aangeteken. Pierre Schoeman en Oli Kebble druk beide hul eerste drie vir Skotland. Maar die speler van die dag was die jong blits vleuel Kyle Steyn wat skitter met vier drieë! Die Skotte druk tien drieë teenoor die een van Tonga.


Bepalings:
Saterdag 6 November

  • 15:00 - Italië vs Nieu-Seeland
  • 15:00 - Ierland vs Japan
  • 17:00 - Spanje vs Fidji
  • 17:15 - Engeland vs Tonga
  • 19:30 - Wallis vs Suid- Afrika

22:00 - Frankryk vs Argentinië
Sondag 7 November

  • 16:15 – Skotland vs Australië

Bok nuus... 

Die Springbokke kom Saterdag teen Wallis in Cardiff te staan. Die Bok keurders het verras met Jesse Kriel wat op vleuel gekies is en dan ook Cobus Reinach wat van die bank af moet speel. 


Damian Willemse is op heelagter gekies. Willie le Roux het nie die 23 tal gehaal nie. François Steyn is weer op die bank. 


Die Bokke moet Wallis met meer as 16 punte klop om weer nommer een op die Wêreld Ranglys te wees. 


Die All Blacks het met hul oorwinning oor Wallis weer die nommer een posisie ingeneem. Lekker toets ruggas maats! 


Braai lekker en vat maar so ‘n koue enetjie. 
Nag ou grote...

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...