Articles
Crime & Accidents News
08 April 2022

Sharks vs Dragons
In die Haaitenk wen die Haaie weer hul ondersteuners se harte terug en verslind die Dragons met 51-3. Die tuisspan was met rustyd reeds 22-6 voor op die telbord. Werner Kok het sy beste game nog vir die Sharks gespeel en druk seker een van die beste drieë in die kompetisie. Curwin Bosch het beter vertoon op 10 en sal hopelik voortbou op sy vertoning.


Die Haaie speel volgende teen die Leeus in Durban – dit gaan beslis ‘n groot poging van hulle kos om die maanhare van die Leeus vas te knoop! 

Lions vs Edinburgh
Die Jo’burgers behaal ‘n verrassende oorwinning teen die sterk span van Edinburgh en wen 15-9, hulle vierde agtereenvolgende oorwinning. Die Skotte het met halftyd 6-5 voorgeloop. Maar die Leeus het karakter en veggees in die tweede helfte getoon. 


Jordan Hendrikse het weer op 10 puik ruggas gespeel en teken tien van sy span se punte aan met ‘n drie, strafskop en doelskop. Die Leeus maak ook dan deure oop vir die ander SA spanne as hulle die groot name ontneem van punte op die log en is tans in die twaalfde plek.


Die Leeus sal met baie selfvertroue Durban toe reis vir hul ontmoeting met die Haaie eerskomende Saterdag.

Bulls vs Ulster
Die Bulle het voor “25,000 vrolike toeskouers” in ‘n harde game daarin geslaag om die hoog aangeskrewe Ulster met 34-16 te klop. Die Bulle het meer as 160 duikslae uitgeoefen en het net 41% balbesit gehad. Die Bulle het eers in die tweede helfte beheer oorgeneem en goeie ruggas  opgedis.
Uitblinkers vir die Bulle was die vier drie-drukkers: Marcell Coetzee, Johan Grobbelaar, Kurt-Lee Arendse en Madosh Tambwe. Johan Grobbelaar is tans een van die beste hakers in die land. 
‘n Gewese held van Loftus, Duane Vermeulen, in ‘n Ulster trui, het na vyftig minute maar gaan stort, moeg geboelie.


Die Bulle reis die naweek Kaapstad toe om die noord/suid derby vete teen die Stormers te gaan voortsit. Watertandlekker vir die fynproewers!

Stormers vs Ospreys
Die Kaap bly Hollands en die wyn is mos maar lekker daar. Die Stormers klop die Ospreys 29-13 en was met rustyd reeds 22-6 voor. Die skakelpaar van die Stormers, Paul de Wet en Manie Libbok was kookwater.

De Wet hou tans die Springbok skrummie Herschel Jantjies uit die beginspan en mens kan sien hoekom. Manie Libbok het op 10 weer geskitter en is ook aangewys as die speler van die wedstryd. Dan moet mens ook die naam Leolin Zas noem. Hierdie mannetjie is Bok-materiaal en tans een van die beste vleuels in die land.


Die Stormers speel gasheer vir die Bulle eerskomende Saterdag en is blykbaar reg vir die outjies van Pretoria.

Ander uitslae: 
Glasgow Warriors 40-12 Zebre
Benetton 17-21 Connacht
Munster 19-24 Leinster
Scarlets 35-20 Cardiff


Bepalings:
Stormers 14:00 Bulls
Sharks 16:05 Lions
Cardiff 16:10 Scarlets
Lekker ruggas op die spyskaart manne en manninne. Braai en lawaai en gaan groot!

Nag ou grote...

#RugbyThatRocks

2022 Varsity Cup
Studente ruggas kook behoorlik! Na die afloop van die agtste rondte is die Shimlas beslis verseker van ‘n tuis semi-finaal. Die Vrystaters is na agt games op 32 punte eerste op die log. UCT Ikeys is tans tweede (31 punte), Maties is derde (29) en UP-Tuks vierde (25).

Shimlas speel in die laaste game teen die Madibaz en sal heel moontlik dié een wen om bo-aan die log te eindig. Die Pukke (24), UJ (24) en Tukkies gaan spook vir die vierde plek om te kwalifiseer vir die semi’s op 18 April.

Uitslae 4 April:
Wits 23-47 UCT Ikeys
CUT 14 -33 NWU
Shimlas 26-15 UP-Tuks
Maties 61-21 NMU Madibaz
UWC 28-50 UJ


Bepalings, Maandag 11 April
UJ 17:00 UP-Tuks
Maties 19:00 UWC
NWU 19:00 Wits
NMU Madibaz 19;00 Shimlas
UCT Ikeys 19:00 CUT

Nag ou proffie... 

HSBC Sevens Singapore

Die Sewes Ruggas word weer hervat Vrydag en Saterdag in Singapore. Die Blitse sal op hul beste moet wees want NZ en Fidji is weer terug in die kompetisie. 
Go Blitse!

Super Rugby Pacific 2022

Results:
Crusaders 17-14 Highlanders
Fijian Drua 14-38 Waratahs
Reds 21-7 Brumbies
Hurricanes 29-30 Chiefs
Moana Pasifika 19-32 Blues


Fixtures:
Friday 8 April
Highlanders 09:05 Moana Pasifika
Western Force 11:45 Rebels
Saturday 9 April
Hurricanes 06:35 Crusaders
Chiefs 09:05 Blues
Fijian Drua 11:45 Brumbies

G’night mate...

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...