Articles
Social & Community News
22 April 2022

Rustenburg – Die beroemde oud Hoërskool Rustenburg leerder, Jannes Erasmus, bring nuwe lewe na die verhoog. 

Erasmus het ‘n Afrikaanse musiekblyspel genaamd ‘Die Gelofte’ geskryf en redigeer wat van Vrydag 6 Mei tot Sondag 29 Mei 2022 in die Afriforum Teater, in Pretoria, op die planke sal wees. 

Nóg twee oud-Rusties, Bernice West wat in 2019 gematrikuleer het en Fano Blignaut wat in 2012 gematrikuleer het, is deel van die musiekblyspel saam met ander groot name soos Nadia Beukes, Johan Vorster en Ilán van Staden.

Die Gelofte sal gedurende Mei in die AfriForum Teater op die verhoog wees. 

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...