Articles
Crime & Accidents News
20 January 2017

Rustenburg – ‘n Bejaarde paartjie van die stad is oorval op Vrydagmore, 13 Januarie 2017. 
Mnr Elgin Botterill (69) was om 08h00 onderweg om sy huishulp te gaan oplaai. Hy en sy vrou woon in Zand straat, Bodorp Rustenburg. 

Sy vrou, Mev Marinda Botterill (64) was buite in die tuin doenig. 

Bejaardes oorval deur huisrowers
Híer was die 64-jarige Marinda Botterill doenig in die tuin toe ‘n verdagte haar skielik oorval en aangehou het – helder oordag. Só lyk die oprit na die Botterill se woning. 

‘n Verdagte het oor hul muur gespring, Marinda aangehou en haar gedwing om die hek met ‘n afstandbeheer knoppie oop te maak. Nóg drie onbekende mans en ‘n vrou met ‘n wit Toyota Corolla het toe by die oprit ingedraai. Daarna het hulle Marinda gedwing om hulle na die kluis in hul huis te neem, en haar van juwele en kontant gebuit. 

Die huisrowers het op vlug geslaan toe Elgin in sig was. Die verdagtes het in Setswana met mekaar gekommunikeer. Die Polisie is in kennis gestel en was vinnig op die toneel, maar die verdagte motor was nêrens te sien nie. Tans is niemand al in hegtenis geneem nie, maar die Polisie ondersoek duur voort.  

Share this article with a friend...