Articles
Churches & NGO News
13 May 2022

Rustenburg - G-Om het 20 jaar gelede onder ‘n boom begin as ‘n kleuterskool vir minderbevoorregte, voorskoolse kinders van verskeie areas regoor Rustenburg.

Hulle doel is om kinders effektief te stimuleer sodat hulle skoolgereed is – selfs al kan hul ouers dit nie bekostig nie. Die skool is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en maak staat op vrywilligers en skenkings. Hulle het ook verskeie projekte waar hul ‘n verskil in die gemeenskap maak.


Met die temperatuur wat nou vinnig begin daal, voorspel hulle dat dié ‘n koue winter gaan wees.
Om seker te maak die kinders bly warm wil G-om toesien dat elke kind ‘n kombers het die winter. Hul het ook ‘n tekort aan wintersklere vir kinders van drie tot sewe jaar oud.


Enige donasies van komberse en klere kan afgegee word by die G-Om kleuterskool, op die hoek van Kerk en Uniestraat.


Vir meer inligting kontak Marieta Herbst op 063 705 0304. 

#FosteringASenseOfCommunity

Share this article with a friend...