Articles
Churches & NGO News
04 August 2017

Rustenburg – Die NG Suid gemeente bied op Woensdag, 9 Augustus 2017, ter viering van Vrouedag, hierdie uitsonderlike seminaar aan.

“Ons nooi alle vrouens (en dapper mans) hartlik uit na díe geleentheid,” aldus Marie Williams van die kerk. “Kom ervaar ware vreugde by hierdie interaktiewe seminaar!”

Ans du Preez, die gasspreker van die dag, maak haar debuut in Rustenburg as spreker. Die seminaar sal Du Preez se vierde seminaar wees. Haar bekertjie-bediening groei van krag tot krag.

“Haar seminaar seën al haar luisteraars en ons eer haar vir haar gehoorsaamheid om te bedien, soos wat die Gees haar lei. Ons is baie opgewonde om hierdie seminaar na Rustenburgers te bring, met ‘n verwagting van nuwe vreugde in elke seminaarganger se lewe,” sê Williams.

Kaartjies beloop slegs R100 per persoon of R800 vir ‘n tafelbespreking van agt persone. Dit sluit verversings en seminaarmateriaal in.

Skakel asb vir besprekings voor Dinsdag, 8 Augustus om 12h00. Registrasie by NG Suid kerksaal, h/v Kerk- en Uniestraat sal vanaf 08h30 geskied, waarna die seminaar om 09h00 sal afskop tot omstreeks 13h00.

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie! Vir navrae en kaartjies kontak die kerkkantoor by 014-592 2419.

Share this article with a friend...