Articles
Headline News
06 October 2017

Rustenburg – Elfreda’s “iets van als” is ‘n interessante hoekie van Rustenburg waar allerlei doedas verkrygbaar is. ‘n Nessie waar vingers vir ure kan uitsoek tussen die wye verskeidenheid items... as’te ware ‘n ietsie van alles! 

Díe winkel is al elf jaar gelede gestig deur Elrika Duwenhage en die naam van die besigheid is ‘n kombinasie van haar moeder ‘Freda’ en haar eie naam ‘Elrika’ – voorts die fraaie Elfreda-naam. 
In Maart 2017 het Rustenburg Elrika gegroet toe sy verhuis het na ‘n nuwe tuiste. Dit was ‘n trotse dag vir Hannelie Redelinghuys, nuwe eienaar. 

In ‘n onderhoud met die Platinum Weekly koerant vertel Hannelie: “Ons het besluit om die naam van die besigheid dieselfde te hou aangesien ons soveel getroue klante nie wil omverwerp nie.” 


Einde September vanjaar het die winkel ‘n nuwe baadjie aangetrek toe hulle om die hoek van hul ou tuiste verhuis het. Hulle is steeds geleë in Ridder straat 44, maar die hoofingang is nèt om die draai in Kruger straat.

Elfreda’s “iets van als”verkoop dames kleredrag en bykomstighede, geskenke, kombuisware, koeldrank en lekkergeod, skoolbenodighede en speelgoed. 

“Ek bedank ieder en elkeen van ons getroue klante. Julle bring vreugde na ons winkel. Bring jul vriendinne saam en maak nou al die geskenkies vir Desember bymekaar.” 

Vir meer informasie skakel 083-603 3622. 

Hannelie Redelinghuys, eienaar van Elfreda’s “iets van als”
Van links: Tracey Ludick, verkoopsdame; Hannelie Redelinghuys, eienaar; en Henry Visagie, vennoot.

 

Share this article with a friend...