Articles
Sport & School News
03 February 2017

Bulls vs Leeus

Bulle vs Leeus
Die Bulle skop die seisoen af met ‘n oorwinning en wen 38-10. Alhoewel hierdie ‘n vriendskaplike game was, het die Bulle die bul by die horings aangegryp! Die Leeus het weliswaar met minder as die helfte van hulle gereelde spelers in Harare opgedaag en van die jongelinge het gewys hulle sal kan deel wees van die superspan indien nodig.

Handré Pollard is die cappie vir die 2017 seisoen en as hy beseringvry kan bly gaan hy die x faktor wees vir die Bulle ou grote. 

Stormers vs Cheetahs

Stormers vs Cheetahs
Die Kapenaars lyk verbasend skerp so vroeg in die seisoen en klop die Vry-staters gemaklik 43-7. Hierdie verloor van die Cheetahs is nie ‘n goeie begin vir coach Franco Smith nie... Die Stormers coach Robbie Fleck daarenteen lyk heel gelukkig. 

Haaie vs Cheetahs

Haaie vs Cheetahs
Die Haaie speel hul eerste opwarmingsgame teen die Cheetahs die naweek. Pat Lambie is as die 2017 cappie aangewys en gaan op sy beurt ook die angel in die Haaie se arsenaal wees. Coach Robert Du Preez het groot planne vir die Durbaniete vir die 2017 Superreeks.

Springbok Sevens

Springbok Sevens – Wellington 
Die Blitsbokke was op die oorlogspad tydens die afgelope HSBC Sevens reeks wat in Wellington, Nieu-Seeland plaasgevind het. Hulle was onoorwonne en klop Fidji in die finaal 21-7. Die Blitse het geskiedenis gemaak met hierdie toernooi oorwinning...

Hulle het dit 15 jaar gelede vermag.  Nog ‘n stukkie geskiedenis is deur die spoedvraat, Seabelo Senatla, veroorsaak deur die rekord vir die meeste drieë deur ‘n SA Blitsbok wat deur Fabian Juries gehou is, 179 drieë, te verbeter en sy 180ste drie te druk! Die volgende toer-nooi is in Australië en die Blitse kan hul eerste plek nog meer verstewig om weer eerste te eindig.

Varsity Cup 2017 uitslae:
•    Tuks 13 Maties 9
•    Pukke 16 UJ 12
•    Shimlas 26 Wits 21
•    FNB Madibaz 36 UCT 8

Nag ou grote…

Share this article with a friend...