
RSBO-leerders laat die verhoog lééf!
Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Na maande se harde oefening het Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys (RSBO) se leerders op Donderdag 10 September 2026 hul danspassies tydens die skoolkonsert gewys. Elke graad het twee liedjies opgevoer, tot groot vreugde van die trotse ouers. Dit was ’n onvergeetlike ervaring vir almal! Baie dankie aan die Gereformeerde Kerk Wes vir die gebruik van hul saal en geriewe.










