Schools & sport

Rugga nuus

18 September 2026 · Platinum Weekly

Rugga nuus

2026 Rugby’s Greatest Rivalry Tour

Saterdag 12 September

Die Bokke het die All Blacks in Baltimore in die VSA behoorlik opgedons en die Toets met 43-28 gewen. Daarmee het hulle ook die reeks met 3-1 beklink.

Skitterende rugby is voor ’n rekordskare van 68,173 toeskouers opgedis tydens die twee spanne se eerste kragmeting op Amerikaanse bodem.

Wie weet – dalk het die rugbygogga nou ook die Amerikaners gebyt en kan dié sport selfs naby die Wit Huis begin blom!

Die Bokke se volgende game is op Sondag 27 September teen die Wallabies in Perth.

2026 Curriebeker

Saterdag 12 September

Die Griekwas is vir die tweede agtereenvolgende jaar die Curriebeker kampioene. Die Kwaste het die Pumas in Kimberley voor 8,500 toeskouers in ‘n riller met 23-16 geklop. Die manne van Kimberley verdien die wen en het die hele seisoen uithaler-ruggas gejol.

United Rugby Championship

Die 2026/27 URC skop op 25 September af.

BEPALINGS

Vrydag 25 September
• Benetton 20:45 Dragons
• Connacht 20:45 Stormers
• Ulster 20:45 Edinburgh

Saterdag 26 September
• Lions 13:30 Leinster
• Sharks 16:00 Ospreys
• Munster 18:30 Glasgow Warriors
• Zebre 18:30 Bulls
• Scarlets 20:45 Cardiff

Nag ou grote...