Impies reg om vir die Luiperds te brul!

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Rustenburg Impala Rugbyklub bars van trots nadat drie van sy spelers, Joe Engelbrecht, Nathon van Aswegen en Dries van der Merwe, vir die Luiperds Plattelandspan gekies is. Marnus Venter was ook in aanmerking, maar kon weens ’n kniebesering ongelukkig nie gekies word nie.
Die klub en sy borge wens die drie spelers alle sterkte toe vir die Platteland-toernooi, wat van 21 tot 26 September 2026 in Nylstroom plaasvind.
