Rugga nuus
2026 Rugby’s Greatest Rivalry Tour
LIONS 35-41 ALL BLACKS
Dinsdagaand in Johannesburg is byna 16,000 toeskouers op skitterende rugby deur die Kiwi’s en die Leeus getrakteer.
Die Leeus het baie harte gesteel met hul passie en trots en het byna daarin geslaag om ’n sterk All Blacks-span te klop. Ná net sewe minute het die tuisspan met 14–0 voorgeloop en gewys dat hulle vir die groot wedstryd opgedaag het. Die rustydtelling was 21–17 in die tuisspan se guns.
Die Leeus het tot in die 49ste minuut met 35–17 voorgeloop. Albei spanne het opwindende hardlooprugby gespeel, maar drie puik drieë deur die Kiwi’s het die wind uit die Leeus se seile gehaal. Die flair van die Nieu-Seelanders was eenvoudig op ’n ander vlak.
Die Leeus was waardige verloorders. Vir baie van die jong spelers, wat dalk nooit weer die kans sal kry om die Haka van naby te beleef en teen ’n All Blacks-span uit te draf nie, sal dit ’n kosbare herinnering bly.
As hierdie Leeus-span op dié puik vertoning kan voortbou, gaan hulle beslis hard brul in die URC.
2026 Curriebeker
UITSLAE
VRYDAG 21 AUGUSTUS
• Sharks XV 22-22 Lions
• Bulls XV 26-50 Stormers XV
• Pumas 14-38 Griekwas
SONDAG 23 AUGUSTUS
• Cheetahs 33-24 Boland
BEPALINGS
VRYDAG 28 AUGUSTUS
• Lions XV 17:05 Stormers XV
• Sharks XV 19:15 Bulls XV
SATERDAG 29 AUGUSTUS
• Pumas 14:00 Cheetahs
SONDAG 30 AUGUSTUS
• Boland 15:00 Griekwas
NAG OU GROTE...
