Articles
Social & Community News
14 September 2018

Rustenburg – Die jaarlikse Piekfijn kos- en wynfees het plaasgevind op Saterdag, 8 September by Bergsig Akademie.


Daar was ‘n atmosfeer van samesyn en vrolikheid, en hordes mense het saamgedrom om te sien wat díe jaar se fees bied.


Die oggend is afgeskop met ‘n 2km wedren vir liefdadigheid. Vir die res van die dag het feesgangers hulself besig gehou met ‘n verskeidenheid stalletjies. Daar was disse wat self ‘n fynproewer sal laat terugstaan en ‘n reeks wyne om van te kies en te keur. 


Die jong klomp het hulself trakteer met muurklim, glybane en springkastele terwyl gaskunstenaars almal vermaak het op die verhoog. Die plaaslike kokke het hulself as kokkedore bewys in die potjiekos kompetisie.


Met die groot joligheid wat die fees gebied het, het niemand teleurgesteld huistoe gegaan nie.

   Lawreen Kuch van Berclin Crafts.
Tania Greybe van Bella’s Closet.
Van links: Venessa de Necker en Marie Foxcroft, verteenwoordigers van Wriggly Tins organiese badprodukte.

 

Share this article with a friend...