Articles
Sport & School News
23 November 2018

Rustenburg  – Newrak Impala rugby klub is tans besig met hul buite-seisoen rugby oefeninge vir die Goldcup.


Net een span uit elke provinsie kwalifiseer om deel te wees van die klub kampioenskappe en Impala rugby klub hoop om díe jaar weer die beker huis toe te bring.


Hul nooi lede van die gemeenskap uit om 18:00 saam met hulle te kom oefen tot middel Desember waarna hulle in Januarie volstoom weer oefeninge sal hervat. Die is ‘n gemeenskapsklub en enige iemand is welkom om te kom saam oefen, of om net iets kouds by die klub te kom drink... alle ondersteuning word waardeer.


Alle voornemende lede of borge kan besigheidsbestuurder van Newrak Impala rugby klub Naas Olivier skakel op 082 926 8403. 

Share this article with a friend...