RUSTIES SE FLANK VANG DIE OOG

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Vroeër vanjaar het Hoërskool Rustenburg se Ruben van Heerden die Luiperds se nommer 7-trui vir die o.18-Cravenweek verdien. Nou het dié flank sy skool nóg ’n rede gegee om trots te wees. Ruben in SA Rugby se o.17-Elite Player Development-groep opgeneem.
Die ontwikkelingsprogram bied belowende jong spelers die geleentheid om saam met nasionale afrigters te oefen. SA Rugby se volgende oefenkamp vind van 28 November tot 4 Desember in die Wes-Kaap plaas.
