Schools & sport

Larries laat hul rakette praat!

Larries laat hul rakette praat!

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Nathan Bergh en Marinus Smit het by die Noordwes-tennisproewe vir o.10-seuns gesorg dat Laerskool Rustenburg die eerste twee plekke inneem. Nathan het eerste geëindig en Marinus tweede. Wat die Larries se vertoning ekstra besonders maak, is dat die meeste van die skool se seuns ’n ouderdomsgroep hoër gespeel het.

Lehardo Pretorius het agtste geëindig, met Xavier Smit in die 11de plek en Dylan Mokotedi in die 18de plek. Leano Modubu en DW Steyn het albei 19de geëindig en JJ Sibiya 30ste. By die o.11-seuns het Pieter Roux ook die toptien gehaal met sy negende plek.

Die skool het al sy spelers geloof vir die moed en vasbyt wat hulle op die baan gewys het.

More local news