Articles
Sport & School News
01 August 2022

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg (RHS) wen ses uit die nege wedstryde teen die Hoërskool Nelspruit op Saterdag 23 Julie. 

Die Rusties eerste span het ‘n naelbytwedstryd teen Hoërskool Nelspruit se eerste-rugbyspan gehad. In die laaste vyf minute van die wedstryd het RHS ‘n strafskop gekry en was voor op die telbord met twee punte. 

Nét voor die eindfluitjie geblaas het, het Hoërskool Nelspruit een laaste drie gedruk en die telling geswaai na 28-33. Hoërskool Rustenburg is dankbaar vir die ondersteuning van die gemeenskap en die leerders van Bergsig Akademie wat met trots die Rusties ondersteun het tydens die stryd teen Nelspruit. 

Caption

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...