Articles
Sport & School News
14 October 2022

Rustenburg – Die Suid Afrikaanse (SA) Skole Landloopkampioenskappe het op Saterdag 1 Oktober 2022 by die Walter Sisulu Universiteit in Oos Londen plaasgevind.  


Elf atlete wat verbonde is aan Protea Atletiekklub, het die Noordwes Provinsie verteenwoordig by hierdie gesogte byeenkoms. Die beste landloopatlete van die nege provinsies in Suid Afrika het deelgeneem en die kompetisie was baie straf. 


Twee atlete van Protea Atletiekklub het veral uitgestaan. Luan Marais verower ‘n vierde plek vir seuns o/16 en Scott Williamson ‘n agtste plek vir seuns o/14. 


Kefilwe Kgosiemang en Bontleng Taeng eindig in die top 20. Tania Marais, Abby Havenga, Lean Scholtz en Kelello Phokoje het onder die top 25 atlete geëindig. Verder het Nathan Havenga, Lelanie Janse van Vuuren en Lisa van der Westhuizen ook goed presteer.

Sewe van die atlete is verbonde aan Bergsig Akademie. Kefilwe is verbonde aan Laerskool Rustenburg Noord, Nathan aan Laerskool Rustenburg, Bontleng aan Hoër Tegniese Skool Rustenburg en Lisa aan Lebone II - College of the Royal Bafokeng. 

Scott Williamson het goed gehardloop deur agtste te eindig.
Luan Marais het ‘n puik vierde plek verower.

#FosteringASenseOfCommunity 

Share this article with a friend...