Articles
Sport & School News
11 September 2023

Rustenburg – Op Saterdag 2 September 2023 het die boogskiet spanne van Hoërskool en Laerskool Silwerrand uitmuntend presteer by die toernooi gehou by Laerskool David Brink.
Die skool is trots op hul drie top presteerders:

  • Pride Manngwe (eersteplek)
  • Kyle van der Merwe (tweedeplek)
  • Haygen Venter (derdeplek)

Die skool is verder verheug om aan te kondig dat Hoërskool Silwerrand se boogskiet span ‘n algehele derde plek in die kompetisie behaal het.
‘n Spesiale dankie gaan aan Electro Hydro World (EHW) vir hul borgskap van die span se stralende hempies. Die skool wil graag erkenning gee aan finansiële bestuurder Frikkie Kruger; kontak bestuurder Dries Bardenhorst; hoof uitvoerende beampte Gerrit Jansen van Vuuren; en Danny van der Merwe vir hul onwrikbare toewyding en die ontwerp van die hempies.
Hierdie sukses sou nie moontlik gewees het sonder die onmisbare ondersteuning en onvermoeide werk van hierdie individue nie.

Photo: Top presteerders van Silwerrand: van links: Kyle van der Merwe (tweede plek), Haygen Venter (derde plek), en Pride Manngwe (eerste plek).

Silwerrand boogskiet span strik ‘n eerbare derde plek by die David Brink boogskiet toernooi.

 

Share this article with a friend...