
Laerskool Vastrap swemmers blink uit by Menlopark Lente-gala
Rustenburg – Laerskool Vastrap se swemmers het op Donderdag 5 September 2024, gewys wat hulle kan doen by Hoërskool Menlopark se Lente-gala.
Cara Louw het ‘n ongelooflike derde plek verwerf in drie kategorieë: 200 m-individuele wisselslag, 50 m-borsslag, en die 50 m-vryslag. Philip Snyman het ook Laerskool Vastrap se naam hooggehou met sy tweede plek in die 50 m-borsslag. Baie geluk aan hierdie talentvolle leerders wat met hul prestasies die Vastrap-vlag trots laat wapper het!
Photo: Van links: Logan Kruger, Philip Snyman, Mieke Botha, en Robynn Coetzer.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly