
Vastrap-leerders blink uit by Bybelvasvra
Rustenburg – Op Donderdag, 21 Augustus 2025, het ’n groep toegewyde Bybelvasvraleerders van Laerskool Vastrap aan die Rapportryerskompetisie by ATKV Buffelspoort deelgeneem.
Hierdie jong span het met groot ywer en spanwerk voorberei en hulle skool trots verteenwoordig. ’n Spesiale woord van dank en waardering gaan aan die leerders: Cara Louw, Milandri Hoek, Liané du Plooy, Minri Conradie, Annika Schuch, Tebogo Mogashoa, Zendaya Maritz en Liané Magee.
Photo: Trots en toegewyd – Laerskool Vastrap se Bybelvasvraleerders wat aan die Rapportryerskompetisie deelgeneem het.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly