Articles
Sport & School News
05 September 2025

Rustenburg – Laerskool Vastrap het weereens gewys dat harde werk en fokus vrugte afwerp toe hul jong skuts op Saterdag, 30 Augustus 2025, by die NW AGA-kompetisie in Koster uitblink en goud huis toe bring. Die span het ’n trotse oes aan top-10 plasings ingepalm. 

Vyf meisies het hul plek onder die voorste 10 laerskooldogters verower:

  • Tiana de Roer – 1ste
  • Kaylene Flowers – 5de
  • Eliané Kleynhans – 6de
  • Jessica van Staden – 7de
  • Minay Kloppers – 9de


Die seuns het nie agtergebly nie en vier van hulle het ook in die top-10 ingeskuif:

  • Gerhardt du Toit – 4de
  • Armand Jacobs – 5de
  • Christiaan van Rooyen – 6de
  • Layton van Rooyen – 8ste


By die jonger “Cubs”-afdeling het Vastrap ook sterk vertoon:

  • Wandré Bekker – 3de
  • Juandré Harmse – 5de
  • Benno Coetzer – 9de

Met só ’n indrukwekkende lys uitslae kan Laerskool Vastrap met reg trots wees op hul skuts wat die skool se naam hoog hou.

 

Share this article with a friend...