
SKITTERENDE SKOTE!
Rustenburg – Hoërskool Rustenburg het Saterdag, 6 September 2025, by die Afritiki-interskolekompetisie met uitstaande uitslae geskitter.
In die algehele afdeling, waar 139 skuts meegeding het, het Morné Jacobs eerste geëindig met ’n uitstekende 290 uit 300. Hy is kort op die hakke gevolg deur Niel Schmidt wat vyfde plek ingeneem het met 287/300, en Nathan Enslin wat sesde geëindig het met 286/300.
By die hoërskoolseuns-afdeling, met 37 deelnemers, het Morné Jacobs weer die eerste plek behaal, gevolg deur Niel Schmidt in die vierde posisie en Nathan Enslin in die vyfde. Dylan van der Westhuizen het ook sy merk gemaak met ’n tiende plek.
Die hoërskooldogters het ewe sterk vertoon. Melandie Swart het vierde geëindig, met Rhichelle Deysel in die sesde plek, Bernise Homan sewende, Audine Naudé agtste en Micayla Meyer negende.
As span het Hoërskool Rustenburg se A-span die dag afgerond deur die eerste plek te wen. Die spanlede is Melandie Swart, Niel Schmidt, Dylan van der Westhuizen, Rhichelle Deysel, Nathan Enslin, Morné Jacobs, Bernise Homan, Audine Naudé, Micayla Meyer, Kai van der Berg, Evan Strydom en Tristan Breedt. Hierdie prestasie beklemtoon die skool se krag in boogskiet en die toewyding van elke deelnemer.
Foto: Die trotse RHS-boogskietspan wat die eerste plek in die Afritiki-interskolekompetisie ingepalm het.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly