Articles
Sport & School News
31 October 2025

Rustenburg – Op Woensdag 15 Oktober 2025, het Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys met trots hul Fetale Alkohol Sindroom-bewusmakingsdag aangebied — ’n kleurvolle inisiatief wat die gemeenskap letterlik laat staan vir ‘n saak!

Oral in Rustenburg was daar glimlagte en vrolike sokkies te sien, toe skole, kleuterskole, besighede en inwoners saam betrokke geraak het om bewusmaking te skep oor die gevare van alkoholgebruik tydens swangerskap. Die skool bedank elkeen wat gehelp het om van die dag ’n groot sukses te maak. 

BAIE DANKIE AAN AL ONS ONDERSTEUNERS! 

Skole en Kleuterskole:
• St. Augustine Skool • Wysneusie Kleuterskool • Huppelhoekie Kleuterskool • Little Yuppies Kleuterskool • Die Speelkamer • Babbel en Krabbel

Besighede en instellings:
• Local Choice Apteke • Life Style Apteek • Harcourts • Cemblocks • Mini Build • Water 2 Go • Hyper Soap • Salon Touche • M Civils Konstruksie • C&M Airconditioning • Platinum Stars • Econo Foods • Rustenburg Toyota • Suzuki • GWM • Medicare Lancet • Philip Motors Furniture Removal • Coastal Hire Rustenburg • Kallie’s Panelbeaters Rustenburg

Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys sê elke bydrae — groot of klein — word diep waardeer. Hierdie samewerking wys dat die Rustenburg-gemeenskap nie net kleurvol is nie, maar ook vol omgee. 

Main photo: Laerskool Proteapark-leerders wys hul sokkiegees vir bewusmaking.

Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys-leerders en onderwysers straal saam in hul kleurvolle sokkies.
Laerskool Vastrap-leerders wys trots hul vrolike sokkies vir ‘n goeie saak.
Leerders van Laerskool David Brink het met geesdrif deelgeneem aan die FAS-bewusmakingsdag.
Grenville High School het saamgestaan in kleurvolle ondersteuning teen Fetale Alkohol Sindroom.
Deutsche Schule Kroondal-leerders toon hul kreatiewe styl met kleurvolle sokkies.
Koster Gekombineerde Skool bring kleur en glimlagte vir ‘n belangrike doel.
Hoër Tegniese Skool Klerksdorp se leerders het trots hul steun gewys.
Kids Love Fun Kleuterskool wys dat jy nooit te jonk is om ‘n verskil te maak nie!

 

Share this article with a friend...