Articles
Sport & School News
16 January 2026

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Hoërskool Rustenburg se krieketspan is gereed vir hul volgende groot toets wanneer hulle die skool in fase twee van die SA20-skolekompetisie gaan verteenwoordig. Die aankondiging van die span het opgewondenheid en trots regdeur die Rustie-gemeenskap ontketen.

In hierdie fase sal die top twee spanne van Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap in ’n poelformaat teen mekaar meeding. Die beste spanne sal deurdring na die halfeindstryd, gevolg deur ’n finaal waar streekskampioene gekroon word.

Die uiteindelike wenner van hierdie ronde sal kwalifiseer vir die finale fase van die SA20, waar slegs die beste ses skole in Suid-Afrika mekaar die stryd sal aansê. Hoërskool Rustenburg se spelers dra nie net hul eie doelwitte die veld op nie, maar ook die trots en ondersteuning van die hele Rustie-familie. 

Share this article with a friend...