
Bergsig-swemmer maak sy merk
Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Bergsig Akademie / Academy se swemmer, Donovan Breet, het Saterdag 31 Januarie 2026 gewys dat harde werk en vasberadenheid vrugte afwerp toe hy aan die 4 + 1 IP-byeenkoms deelgeneem het.
Donovan het ’n bronsmedalje in die 50 m borsslag verower en was haarfyn van ’n podiumplek af met ’n 4de plek in die 100 m borsslag, waar slegs splitsekondes hom van derde plek geskei het. Hy het sy veelsydigheid verder bewys met ’n 7de plek in die 50 m vlinderslag, ’n item wat groot uithouvermoë vereis. Die skool sien met opgewondenheid uit na wat nog voorlê vir hierdie belowende jong swemmer.
Foto: Donovan Breet van Bergsig Akademie, wat onlangs met ’n bronsmedalje en verskeie puik plekke tydens die 4 + 1 IP-swembyeenkoms gespog het.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly