Articles
Sport & School News
20 February 2026

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Die Graad 3-leerders van Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys het Woensdag, 11 Februarie 2026, ’n vroeë Valentynsdag-besoek aan die inwoners van Residentia Huis Sering gebring.

Die besoek het deel gevorm van die skool se gemeenskapsuitreik en het sommer gou harte warm gemaak. Leerders en inwoners het saam ingekleur, gesels en gelag, terwyl hartjie-suigstokkies met groot glimlagte uitgedeel is. Elke leerder is ook met ’n pakkie lekkernye bederf. Die oggend was vir jonk én oud ’n besondere en vreugdevolle ervaring — ’n herinnering dat klein gebare groot verskil kan maak.

’n Spesiale woord van dank aan Liza van Zyl (bestuurderes) en Marlinet Koch (maatskaplike werker) van Huis Sering vir hul gasvryheid en ondersteuning.

Foto: Graad 3-leerders van Rustenburg Skool vir Buitengewone Onderwys het onlangs Residentia Huis Sering besoek waar hulle saam met inwoners ingekleur en gekuier het — ’n oggend vol liefde, lag en hartjie-suigstokkies.

Share this article with a friend...