Articles
Sport & School News
12 June 2026

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Bergsig Akademie se leerders bewys weer dat groot talent dikwels in jong stemme skuil. Die skool het onlangs uitstekende prestasies in sowel die ATKV-redenaarskompetisie as die Kansvatter Redenaarskompetisie behaal, en daarmee hul plek tussen die provinsie se beste redenaars bevestig.

By die ATKV Provinsiale Top 10 het Calista-Ann Read ‘n indrukwekkende 4de plek in die Afrikaans Huistaal Graad 8-afdeling verower. Sy het beoordelaars beïndruk met haar duidelike boodskap, selfvertroue en sterk aanbieding.

Nog ‘n trotse oomblik vir die skool was Peace Gama se 6de plek in die Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT)-afdeling, waar sy haar welsprekendheid, deursettingsvermoë en uitstekende kommunikasievaardighede ten toon gestel het.

In die Kansvatter Redenaarskompetisie het Kaitlyn de Beer, ‘n Graad 9-leerder, deurgedring na die semi-finaal – ‘n prestasie wat haar talent, harde werk en liefde vir redenaarskap onderstreep.

Hierdie prestasies weerspieël Bergsig Akademie se verbintenis om jong leiers te ontwikkel wat met selfvertroue kan inspireer, oortuig en leiding neem. Die skool is trots op hierdie leerders wat as ware ambassadeurs van uitnemendheid optree.

Share this article with a friend...