
Twee jaar bo-op die Noordwes-rugbytroon
Platinum Weekly koerant | Rustenburg – Die jong rugbyspelers van Laerskool Vastrap se o/10B-span het weer gewys dat kampioene nie oornag gemaak word nie. Die span is onlangs as Noordwes-wenners gekroon – die tweede jaar agtereenvolgens dat hulle dié besondere prestasie behaal.
Die sukses is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë, dissipline en uitstekende spanwerk. Deur die seisoen het die seuns hul talent en vasberadenheid op die rugbyveld ten toon gestel en hul plek as een van die provinsie se beste jong spanne bevestig. Die prestasie is nie net ’n trots vir die spelers nie, maar ook vir hul afrigters, ouers en die hele Vastrap-gemeenskap wat die span deurentyd ondersteun het. Welgedaan!
Foto: Die trotse Laerskool Vastrap o/10B-rugbyspan saam met hul afrigters nadat hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar as Noordwes-wenners gekroon is.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly