
’n Lewe wat spore laat: afskeid van Hennie Prins
In liefdevolle herinnering aan Hennie – Dirk Hendrik Prins (16 Julie 1957 – 29 November 2025).
Sy vrou, kinders en familie sal hom bly onthou vir die stukkies van homself wat hy met liefde met ander gedeel het op sy pad — vir die oomblikke van lag en die spore van sy gees wat in elkeen van hulle voortleef.
Met waarderende harte en sagte groet neem die familie afskeid van ’n man wie se lewe ’n nalatenskap van liefde, lojaliteit en hartlike menswees laat. Rus sag, Hennie.
Hennie se gedenkdiens het op Woensdag, 3 Desember 2025 plaasgevind by NG Kerk Proteapark, 25 Witstinkhoutlaan, Protea Park, Rustenburg.
© 2017 - All Rights with Platinum Weekly