Articles
Social & Community News
20 February 2026

Platinum Weekly koerant | Rustenburg – As jy hou van goeie winskopies én ’n goeie saak, is Ons Winkel Rustenburg die plek vir jou. Hierdie geliefde tweedehandswinkel bewys dat een persoon se ongewensde items ’n ander se seën kan wees – en dat klein aankope groot verskille maak.

Ons Winkel bied ’n wye verskeidenheid items teen bekostigbare pryse. Van klere en huisware tot unieke snuffelgoed – daar is altyd iets besonders om te ontdek. En onthou: geen uithou nie, eerste kom, eerste kry!

Maar Ons Winkel is meer as net ’n winkel. Die skenkingswinkel skep werk vir die persoon wat dit bestuur, en die wins uit verkope word direk teruggeploeg in die gemeenskap. Hiermee word studiefondse beskikbaar gestel en gemeenskapshulp verleen aan dié wat dit die nodigste het. Só word alledaagse skenkings omskep in letterlike wonderwerke.

Die winkel is elke Saterdag van 09:00 tot 13:00 oop en almal word uitgenooi om te kom snuffel, skenk en ondersteun.

Adres: 224A Beyers Naudé, Rustenburg

Navrae: Johan – 083 672 0449

Kom kyk self. Kom snuffel. Kom maak ’n verskil.

Share this article with a friend...