Articles
Headline News
09 March 2018

Rustenburg – Hoërskool Rustenburg (RHS) en Hoër Tegniese Skool Middelburg het hul jaarlikse vriendskaplike byeenkoms op RHS se sportvelde op Saterdag, 3 Maart, uitgewoed.


Díe twee skole wend hierdie byeenkoms elke jaar aan om hul spanne voor te berei vir die uiters strawwe Superskole-reeks (voormalige Tuks-reeks), wat die top skole van Gauteng insluit. Die feit dat die kompetisie op die rugby-, netbal- en hokkievelde en gholfbaan vriendskaplik is, beteken hoegenaamd nie dat dit lig opgeneem was nie!


Soos die uitslae ook bewys, weeg die twee skole se sportkrag goed op teen mekaar, wat klipharde, maar aanskoulike wedywering opgelewer het. 


Van die top spanne se uitslae is as volg:


GHOLF 
•    RHS verloor 59 - 46 
•    RHS verloor 101 - 96 


NETBAL 
•    o/14A RHS wen 40 - 8 
•    o/15A RHS verloor 11 - 29 
•    o/16A RHS wen 21 - 19 
•    o/17A RHS wen 15 - 14 
•    RHS Tweedes wen 17 - 14 
•    RHS Eerstes verloor 37 - 15 


HOKKIE 
Seuns: 
•    o/14A RHS verloor 1 - 4 
•    o/16A RHS wen 3 - 0 
•    RHS Tweedes verloor 2 - 3 
•    Eerstes gelyk op 0 - 0 


Dogters: 
•    o/14A RHS wen 2 - 1 
•    o/15A RHS verloor 0 - 6 
•    o/16A RHS verloor 0 - 5 
•    Tweedes gelyk op 0 - 0 
•    RHS Eerstes verloor 1 - 2 


RUGBY 
•    o/14A RHS verloor 7 - 12 
•    o/15A RHS wen 32 - 12 
•    o/16A RHS wen 26 - 21 
•    RHS Tweedes verloor 8 - 24 
•    RHS Eerstes wen 25 - 24

Die Platinum Weekly wens al ons skole sterkte toe met die opkomende Superskole-reeks. Hou Noordwes se naam hoog!

HS 1ste span speler help ‘n opponent terug Middelburg toe. Foto: Charl du Plessis (snap2art@gmail.com)
Middelburg se 1ste span meisies was net een te veel is vir RHS se verdediging. Foto’s: Charl du Plessis (snap2art@gmail.com)
Aanval op aanval... maar RHS se Eerstes kon net nie die agterkant van die net vind nie!
RHS se Eerste Hokkiespan wat net nie die oorhand kon kry nie en met ‘n gelykop telling tevrede moes wees.
Na ‘n moedige poging het die Eerstes meisies ongelukkig met ‘n 2-1 die onderspit gedelf.

 

 

Share this article with a friend...