Articles
Social & Community News
16 March 2018

Koster/ Kgetleng Rivier – Dit het my met trots gevul toe ek sien hoe die inwoners van Koster hul stemme dik maak in  ‘n vredevolle betogingsaksie op Woensdagmiddag 15 Maart. 

Die protesaksie was om die ongelukkigheid van inwoners aan die Kgetleng Rivier munisipaliteit duidelik te maak. “Die krane is leeg, die krag is om die beurt en die paaie verval,” het een betoger vertel. “Ons betaal belasting maar ons kry net grief,” het ‘n ander betoger vertel.

Dis nie eers meer regtig nuus om te hoor dat ‘n munisipaliteit bankrot is of onder administrasie geplaas is terwyl aantuigings van korrupsie aan die orde van die dag is. Maar die inwoners van Koster gaan nie net terugsit en kyk hoe dieselfde in hulle geliefde area gebeur nie!

Dis hoekom Martin en Sindie Venter skouer aan die wiel gesit het en meer as 300 belasting-betalende inwoners van reg oor die munisipale area se handtekeninge op die petisie laat meld het.

Bekommerde inwoners het by die Derby-pad, ingang van Koster, bymekaargekom en die 2.4 kilometer stap na die munisipale kantore aangepak. Met plakkate in hand het hulle, onder die toesig van die polisie, verkeersbeampte en munisipale werkers, hul roete geneem na die munisipale gebou. 
Hulle grief-brief maak dit baie duidelik presies wat verlang word en hef ook ‘n paar goeie voorstelle oor  hoe om hulle probleme op te los.

Water: Redelik onlangs was daar ‘n probleem met een reservoir wat veroorsaak het dat ‘n groot deel van die munisipaliteit vir dae sonder water moes gaan. “Boere  het spesiaal met groot trokke water aangery na inwoners toe,” het Sindie aan die Platinum Weekly koerant vertel. “Ons wil hê dat die munisipaliteit mense aanstel wat die waterpompe kan bestuur en betyds dit aanskakel voordat die reservoirs leeg loop.”

Krag: ‘n Groot gedeelte van Koster munisipaliteit deel ‘n substasie en lyn met die Koster dam area. Omdat hierdie area so ver versprei is, is dit meer geneig tot krag onderbrekings weens ‘n tekort aan instandhouding. “Ons wil graag hê dat die munisipaliteit die twee areas op twee verskillende lyne opereer, sodat wanneer ‘n onderbreking in ‘n area plaasvind, dit nie die aangrensende area beïnvloed nie,” sê Sindie.

Die Koster gemeenskap se paaie, begraafplaas en asgate is in ‘n tragiese toestand. 
 

Share this article with a friend...