Articles
Crime & Accidents News
14 February 2017

Rustenburg – “Die uitmuntende werk deur Kaptein Anton van der Merwe, en sy speurder taakmag, het gelei tot die arrestasie van sewe verdagtes in verband met die plaasmoord,” aldus Sgt Ofentse Mokgadi, polisiewoordvoerder. Die sewe verdagtes is vasgetrek vroeg Woensdagoggend, 15 Februarie 2017 in die Magalies omgewing.

Kaptein Anton van der Merwe en sy taakmag het sedert Sondag, 12 Februarie 2017, drie dae en nagte spandeer om die verdagtes plat te trek. 

Selfone en ‘n vuurwapen met sewe lewende ammunisie is gekonfiskeer. Díe vuurwapen is heel waarskynlik gebruik in die Erichson –plaasaanval.

Die preliminêre ondersoek dui aan dat díe sewe verdagtes betrokke was by ‘n vlaag van inbrake op die R24, Rustenburg, asook in die Magalies area. 

Al sewe sal voor die Rustenburg Magistraatshof verskyn op Vrydag, 17 Februarie 2017.

Die Polisie ondersoek duur voort.

Soos voorheen berig in die Platinum Weekly...

‘n Bende mans het Woensdag laatmiddag omstreeks 16h30, 8 Februarie 2017, toegeslaan op ‘n kleinhoewe op die R24 of die ‘Ou Johannesburg-pad’ by een van die grondpaadjies agter die Kasteel.

‘n Bejaarde boer, Mnr. Niels Erichson (65), is oorrompel en twee keer in die maag geskiet toe hy besig was om sy hek te sluit. Erichson en sy vrou Leatitia Erichson (66) was oppad huistoe na ‘n uitstappie in die dorp. Hulle is aangehou met ‘n vuurwapen by die eerste hek op die grondpad wat lei na hul kleinhoewe, volgens Kaptein Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder.

Die bejaarde paartjie is gedwing na hul tuiste toe waar die huis geplunder is deur die aanvallers. Die mans het kontant geëis en het hulself so ewe met drink- en eetgoed trakteer. Bankkaarte, selfone en Erichson se enkelkajuit silwer Nissan Navara is gebuit, maar die bakkie is later die aand opgespoor in Hekpoort.

Erichson is deur Trauma Rescue gehaas na die naaste hospitaal en is opgeneem in teater. Hy was in die hoë versorgingseenheid (ICU) opgeneem. As gevolg van die omvang van sy beserings opgedoen, het Niels Erichson Vrydagoggend, 10 Februarie 2017, gesterf. ‘n Saak van moord word ondersoek.

Die gemeenskap, in besonder die GPF (Gemeenskapspolisiëring Forum) sektor 5 en StaanSaam Rustenburg, het Erichson en sy vrou te hulp gesnel. Verskeie addisionele veiligheidsmaatreëls en patrollies is van stapel gestuur.

Niels Erichson se begrafnis vind Vrydag, 17 Februarie 2017, plaas om 11 uur by sy plaas, Montjoy.

Indien u deel wil word van GPF Sektor 5, kontak 082-573 3712. 

Die grense van Sektor 5 is as volg;

Waterglen, Waterkloof, Kroondal, Arnodistad, Matabeleng, Modderfontein, Kromrivier, Rhenosterfontein, Waagfontein, Rietfontein, Zuurplaat, Waterval Village (RPM), Boschfontein, Olifantsnek, Oorsaak, Waterkloof area, Waterfall East Ext 1 tot 25, Moorishidol, Potato Bass, Shark Whale, Kroondal tot ny Olifantsnek. Die JHB Road (R24) tot die Rudan Garage en Protea Hotel, die ou Pretoria pad, tot by Rietfontein.

Hier is ook addisionele kontal nommers vir CPF Sektor 5:

  • Polisie sektor bevelvoerder: kaptein Margaret Petlele: 060-987 5489
  • Carlo Pasino, voorsitter, 082-573 3712<
  • Reinette Ronnebeck, ondervoorsitter, 082-336 0783
  • Yolandi Otto, sekretaresse, 078-209 5150
  • Cari Pasino, onder-sekretaresse, 082-311 3067
  • Theo Hajialexandrou, tesourier, 082-955 3383
  • Geoffrey Segami, addisionele lid, 078-209 5150

Share this article with a friend...