Articles
Sport & School News
08 June 2018

In Washington, VSA, begin Rassie se stryd as Bok coach rampspoedig ou groene! Die Bokke verloor 22-20 teen 'n middelmatige Walliese span met 'n stuk of ses gereelde spelers wat op die krukkelys was. Kom ons wees maar eerlik, 'n "B" span!

Onmiddellike teenreaksie is dan dat die Bokke met dertien groentjies in die 23 tal in Washington opgedaag het. Het hulle gewen, dan was daar geen sprake van groentjies nie!

Rassie het 'n enorme taak wat op hom wag om Bok ruggas weer onder die voorste drie toets spelende lande te vestig. Die Springbokke is tans sewende op die ranglys – skandelik!

Die Bokke speel nou in drie toetse in Suid-Afrika teen die Engelse onder coach Eddie Jones. Die bleekbene gaan beslis die tydjie in Suid-Afrika gebruik as 'n somervakansie nie, hulle is honger om Bok se kind te verneder...

Die toetsspan wat Saterdag in die eerste toets op Ellispark, onder leiding van Siya Kolisi, sal vér bo hulle vermoëns moet presteer om as oorwinnaars van die veld te stap. Kom ons hou maar duim vas vir die Bokke!

Nag ou groene...

Share this article with a friend...