Articles
Sport & School News
31 August 2018

Rustenburg – Geskiedenisboeke toe vir die rugbyspanne van die Hoërskool Rustenburg! Nadat die samestelling van die Virsekerbeker in 2017 verander het, het die Hoërskool Rustenburg die geleentheid gehad om in ? liga mee te ding waar wenners aangewys word. 


Vroeër jare was hierdie nie moontlik nie, omdat Rusties die enigste makro-skool in Noordwes is en as gevolg daarvan eerste staan. Die o.15A-, o.15B, o.16A-, en o.16B-spanne wen hierdie liga. Die .o16-spanne is onoorwonne vir die seisoen. 


Die Hoërskool Rustenburg se o.16A- en o.15A-rugbyspanne het gekwalifiseer om aan die finaal van die Virsekerbeker deel te neem, omdat hulle wenners van hulle onderskeie liga-afdelings was. Saterdag, 18 Augustus, het hierdie spanne kragte gemeet, die o.15A-rugbyspan teen Marais Viljoen en die o.16A-rugbyspan teen Eldoraigne. 


Die o.15A-rugbyspan tree as naaswenners uit die stryd en die o.16A-rugbyspan as wenners. 
Die punte vir die o.16A-rugbyspan is aangeteken deur Refentse Moabi en Jandré Wilken wat elkeen ? drie gedruk het en deur JJ Bosh wat een verdoelskop en twee strafskoppe aangeteken het. Eldoraigne het twee drieë aangeteken en die eindtelling is 20-10 vir Hoërskool Rustenburg. 


Beide die spelers en die afrigters het hulself baie goed van hul taak gekwyt. 

RHS se o/16A span, die Virsekerbeker wenners in die Platina finaal vs Eldoraigne. Voor van links: CJ Bosch, Frans van Schalkwyk, JP Botha, Refentse Moabi, Armand Cloete, Werner Eckard, en Jandré Wilken. Middel van links: Eugene le Maitre, Bryan du Plessis, Diaan Venter, Janco Naudé, Cornel Smith, JJ Bosch, Wiehan Kruger, Stephan van Graan, Ryno Fritz, en Attie Strauss. Agter van links: Christiaan Pauley, Estiaan van Tonder, Jaydon Fritz, DeMarco dos Santos, Bernard Steyn, Diederick Rocher, Fanu Hough, Llewenllyn van Niekerk, en Maynard Gouws.

 

Share this article with a friend...