Articles
Social & Community News
07 September 2018

Rustenburg – Kedar Heritage Lodge se museum bevat een van die grootste versamelings van Suid Afrikaanse oorlog memorabilia ter wêreld. Kedar lodge val onder die privaat groep Recreation Africa Group Of Companies. 


Dit is welbekend dat die Kruger huise wat op die Kedar perseel geleë is, uitstekende versamelings van oudhede in puik kondisie gehou word. Dit is nie net ‘n veilige hawe vir van ons kosbaarste geskiedkundige items nie, maar dien ook as groot trekpleister vir plaaslike inwoners, vakansiegangers en oorsese toerisme.


Kedar is tans besig om ‘n huis aan die rol van vroue en swart mense in die Anglo Boereoorlog toe te wy en is op soek na enige materiaal wat hiermee of enigsins met die oorlog verband hou.

Die materiaal kan in die vorm van geskrewe inligting (oorvertellings), briewe, foto’s of enige ander items wees.Alhoewel dit met liefde as skenkings ontvang sal word, kan briewe of foto’s ook slegs beskikbaar gestel word vir duplisering.

Die toestand daarvan hoef nie van die hoogste gehalte te wees nie. Kedar se plaaslike medewerker is die fotograaf, foto joernalis en digitale restoreerder Charl du Plessis.


Charl kan gekontak word met inligting aangaande enige bydrae wat u kan lewer deur ‘n epos te stuur aan snap2art@gmail.com. Indien u enige item beskikbaar kan stel en u kan ‘n foto (selfs selfoon foto) daarvan saamstuur, sal dit van groot hulp wees in die identifikasie proses deur die geskiedkundiges wat aan die projek werk.

Kom ons gaan haal bietjie daai ou skoenbokse met oupa- en oumagrootjie se foto’s uit die solder, voor die vismotte stukkies van ons ryk geskiedenis vernietig!  

The late presdident Paul Kruger 

 

Share this article with a friend...